Wie's Hen?

Ek is Hen en ek dreig al baie lank om my eie blog te maak waar ek sommer net rondmors soos in my kombuis. En sodat ek 'n plek het wat my kan help onthou wat ek aanvang want ek dink goeters maar so uit soos ek aangaan.

Soms kom loer my vriende Delia en Erna ook in. Ek in Delia werk saam by 'n events plek, ek doen bemarking. En Erna is 'n rekenmeester. Ons bly in Zululand in 'n klein dorpie. Daar is min vermaa en een van die lekkerste dinge om te doen is om saam te kook en te eet. En menige aand deur die loop van 'n glas wyn en een van my holderstebolder resepte, los ons 'n probleem op of maak die lewe sommer net ligter.

Kosmaak is nie moeilik  nie. Jy moet net jou customers ken. Soos 'n aartappel: hoe voel hy wanneer hy gaar is? Wat is anders sonder die skil? Watter verskil maak die grootte? Erna raak vies as ek sĂȘ dis hoekom mansoek ook nie so moeilik is nie.
Maar die lewe is ook mos maar so. Niemand bring vir jou 'n lysie en dan doen jy alles mooi en dan werk alles mooi uit nie. Jy pluk maar 'n paar kasdeure ook, vervang iets wat jy nie het nie met iets wat jy het, roer en hou dop vir iets wat brand en probeer om meer by te sit van die goed wat vir jou lekker is en Bob's jou antie.

Sien julle in die kombuis!

No comments:

Post a Comment